Oor CTexT
Innovasie
Onderrig
 
 

OOR ONS

Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) funksioneer as ʼn nie-winsgewende, selfonderhoudende eenheid van die Navorsingseenheid: Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks binne die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). CTexT werk met verskeie vennote saam aan die implementering van mensetaaltegnologie (MTT) in Suid-Afrika.

MTT is ʼn algemene term vir inligting- en kommunikasietegnologie wat spesialiseer in die interpretasie en generering van spraak en teks in menslike taal.

CTexT se doelstellings is:

• om MTT-hulpbronne (data en kerntegnologieë) vir Afrika- en Suid-Afrikaanse tale te ontwikkel;
• om MTT-hulpbronne (data en kerntegnologieë) vir Afrika- en Suid-Afrikaanse tale te bestuur; en
• om navorsing oor Afrika- en Suid-Afrikaanse tale te doen en/of te bevorder.

  CTexT se OUPA

CTexT™ werk tans aan die ontwikkeling van ʼn outomatiese plagiaatopsporingsisteem vir Afrikaans (OUPA)...Lees Meer

GEBEURE BY CTexT

Mensetaaltegnologie is ʼn algemene term vir inligtings- en kommunikasietegnologie wat spesialiseer in die interpretasie en generering van spraak en teks in menslike taal. Hierdie interessante en diverse veld kombineer deskundigheid vanuit taalkunde, ingenieurswese, wiskunde, statistiek en rekenaarwetenskap om gerekenariseerde inligting om te skakel na natuurlike mensetaal. Voorbeelde van taaltegnologietoepassings is speltoetsers, vertaalsisteme, soekenjins, dikteersisteme en telefoonsisteme...Lees meer

CTexT se Afrikaanse SkryfGoed 2008 is hier!

Kry ʼn nuwe kliek met CTexT!  CTexT bied met trots aan: SkryfGoed 2008 -  ʼn versameling skryfhulpmiddels wat die klikklank van Afrikaans op jou sleutelbord klinkklaar sal maak:

  •  Afrikaanse Grammatikatoetser ʼn eerste

Na sowat twee jaar se navorsings- en ontwikkelingswerk stel CTexT uiteindelik die eerste Afrikaanse Grammatikatoetser vir Microsoft Office® bekend.
’n Grammatikatoetser is ’n heel ander saak as ’n speltoetser. Aan die een kant moet ’n grammatikatoetser evalueer of die taalgebruik in ’n teks aan die grammatikavereistes van die taal voldoen. Die woord “grammatika” verwys na die konvensies en reëls van ʼn taal. ’n Grammatikatoetser evalueer of die taalgebruik in ’n teks aan hierdie konvensies en reëls voldoen. Die Afrikaanse Grammatikatoetser is die eerste hulpmiddel wat onder andere die volgende aspekte in Afrikaans kan evalueer:

  • woordkeuse (byvoorbeeld die korrekte gebruik van die woorde pyl en peil);
  • los- of vasskryf van woorde; en
  • korrekte grammatikale konstruksies.

Afgesien van grammatikale aspekte, kan die Grammatikatoetser ook bepaal of die teks aan bepaalde stylvereistes voldoen. Tipiese stylvereistes sluit onder andere in:

  • leestekengebruik (Moet daar ʼn komma voor maar gebruik word?);
  • konsekwente taalgebruik (Gebruik ek soms "chronologie" en soms "kronologie" in dieselfde dokument?); en
  • aanstootlike woorde (Gebruik ek woorde wat in die meeste kontekste as aanstootlik deur lesers ervaar kan word?).

  • Afrikaanse Speltoetser

Die Afrikaanse Speltoetser 2.1 en Woordafbreker is by die NWU ontwikkel en vandat die Speltoetser die eerste keer in die negentigerjare die lig gesien het, het die leksikon al verdubbel in grootte. Vandag herken die Afrikaanse Speltoetser 3.1 meer as 430 000 woorde – wat ʼn wye verskeidenheid eiename, vakterme en akronieme insluit. Danksy gevorderde morfologiese analise herken die nuutste Speltoetser ook ʼn groot aantal nuwe samestellings en verbuigings.

  • Afrikaanse Tesourus

Kikker jou skryfwerk op met CTexT se Afrikaanse Tesourus vir Microsoft Office®! Regsklik op jou geykte, flou, saai, vervelige of banale woord en kry nuttige voorstelle en alternatiewe.
ʼn Tesourus is ʼn tipe “omgekeerde woordeboek” waar dit nie oor die spesifieke betekenisbeskrywing van die woord gaan nie, maar oor die verhouding waarin die woord tot ander verwante woorde en ander betekenisse staan (as’t ware die “familie” van die woord). So byvoorbeeld hoort “straatkat”, “wildekat” en “huiskat” saam onder die inskrywing “kat”, wat weer opgeneem word onder “soogdier”. Die belangrikste funksie van die tesourus is dus om aan ʼn gebruiker alternatiewe woorde te gee om uit te kies. Die gebruiker se keuse sal afhang van die konteks waarbinne die woord gebruik word.

  • Afrikaanse Woordafbreker

CTexT se Afrikaanse Woordafbreker is baie nuttig vir bladuitleg en help dat woorde op die regte plekke afgebreek word aan die einde van ʼn reël.

Afrikaanse SkryfGoed 2008 is nou beskikbaar by vooraanstaande winkelgroepe of via www.spel.co.za, +27 18 297 0164 of +27 800 203 048.

BESKIKBARE BETREKKINGS

Postdoktorale genote:
CTexT is opsoek na kandidate om twee postdoktorale betrekkings in natuurliketaalprosessering te vul...
Lees meer

© 2009 CTexT. Alle regte voorbehou.